Veiligheidswenke vir die vakansie

Lees ook :

Wikus Coetzee van Scorp Security gee wenke hoe om hierdie vakansie veilig en waaksaam te wees.

Huise

“Moenie vir mense vertel van jou vakansieplanne nie. Dit sluit in tuindienste, bouers by jou huis, jou bediende, jou tuinhulp, ensovoorts.

Moet ook nie op gemeenskapsgroepe noem dat jy nie by die huis is nie. -Ons het dit laas jaar gehad. Kliënte het op my groepe gesit dat hulle sal weg wees vir twee weke, saam met hulle adresse.

Kry iemand betroubaar om na jou huis te kyk, veral as hulle die sleutels gaan hĂŞ. Waar moontlik, kry ‘n ekstra slot met nuwe sleutels en gee dit vir iemand wat na jou tuin/honde kyk terwyl jy weg is. Sleutels verloor maklik en kan nog maklikker gedupliseer word. Skryf ook eerder jou van op die sleutelhouer, in plaas van jou adres of en gebruik afkortings vir dinge soos “voorhek”, “agterhek”.

Persoonlik

“Maak seker jyt ’n opsporingstoep op jou foon en dis geaktiveer. Find my iPhone werk perfek vir iPhones. Mans moenie hulle selfone of kontant in hulle hempsakke dra nie, veral nie as jy in die dorp (middestad) gaan rondloop nie. Dit word te maklik gegryp. Moenie jou handsak, selfoon of beursie op die passasiersitplek sit as jy in die dorp ry nie. Moenie rondkyk as iemand by ’n robot met jou praat of na iets wys nie. Dis wanneer hulle goed gryp.”

Motor

“Maak seker jy staan langs jou kar en sluit hom sodra jy in die dorp of by ‘n sentrum parkeer. Car jamming is baie maklik vir kriminele. Sit in jou kar todat jou garagedeur heel toe is. En maak seker hy is toe voordat jy wegry indien jy uitgaan. Spreiligte is altyd ‘n goeie ding in jou tuin. Kameras deesdae ook.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĂŞre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief