Verbrande ma en baba – saak uitgestel

Lees ook :

WINDSORTON. –  Michael Pietersen, die 35-jarige man van Windsorton, wat beskuldig word van die moord op sy 19-jarige meisie en hulle tien maande oue babaseuntjie, het vandag weer in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn. Die saak is uitgestel.

Na bewering het hy hulle liggame verbrand.

Volgens Mokgele se ouer suster wou sy die verhouding verbreek, omdat dit ’n baie vernielende (abusive) verhouding was. Sy het na die verdagte se huis gegaan en nie weer teruggekom nie. Martha en Neo Mokgele se verbrande liggame is Sondag 12 Mei 2019 in ’n nabygeleë veld deur ’n verbyganger gekry.

Phaladi Shuping van die nasionale vervolgingsgesag het bevestig die saak is uitgestel tot 11 September 2019 vir verdere ondersoek. Pietersen by in aanhouding tot sy volgende verhoor.

Pietersen staan tereg op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van lykskending.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief