[t4b-ticker]

Verdagte steeds vir huisbraak in Kekewichlaan gesoek

Lees ook :

Die Kimberley-polisie soek steeds na ’n verdagte wat na bewering op 17 Mei by ’n woning in Kekewichlaan ingebreek het. 

Luidens ’n perverklaring deur brig. Mohale Ramatseba, die provinsiale hoof van kommunikasie vir die polisie in Noord-Kaap, is ’n inwoner van Monumenthoogte, ’n 75-jarige vrou, na bewering deur ’n hond wakker geblaf. Toe sy ondersoek wou instel, het die verdagte by haar kamerdeur ingeloop. Na bewering het die boef die hond in ’n kamer toegesluit, die slagoffer met ’n mes gedreig en ’n kombers oor die slagoffer se kop gegooi. 

Ramatseba sê die verdagte het met selfone, kontant en kruideniersware weggekom. Die verdagte is sowat 1.7 m lank en het ‘n donker gelaatskleur. Hy is Afrikaanssprekend en het ’n ou snywond op sy linkerwang.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om vir konst. Tshiamo Mokwena by 071 6861 182 of 053 8362 602 te skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief