Verkeersdepartement hou pad gesluit om morsjorse weg te hou

Lees ook :

Die verkeersdepartement in Kimberley het gedurende die aand van 15 Februarie 2019 ‘n gedeelte van Jan Smuts-boulevard gesluit om die rommelstrooiing oor naweke by die Opperheimer-tuine te bekamp.

FiND iT het in 2018 berig oor die toestand van die Oppenheimer-tuine wat elke Maandagoggend oortrek is met vullis na hordes motoriste oor naweke met verversings die park besoek en partytjie hou.

Aksieplan deur verkeersdepartement uitgevoer

Die flitsende blou ligte van ’n konvooi verkeersvoertuie wat die straat voor die hooggeregshof versper het, kon nie plesiersoekers afskrik nie.  “Ons hou ’n gedeelte van Jan Smuts gesluit om te verhoed dat die straat en park met vullis bemors word. Die noordwestelike gedeelte van Jan Smuts is nie gesluit nie en die motoriste wat die park wil besoek, maak daarvan gebruik. Ons hande is afgekap indien ’n motorist versuim om die reëls van die pad te gehoorsaam,” het mnr. Cader van die verkeersdepartement op die toneel aan FiND iT verduidelik.

Naweekpartytjies maak asgate van ons parke

Thoko Riet, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die tuine word op ’n daaglikse basis skoongemaak, maar na so ‘n naweek lyk die park soos die asgate. Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Die tuine is vir die gemeenskap om te geniet en nie vir die misbruik tydens partytjies nie. Ons moedig die gemeenskap aan om te help om ons parke te bewaar.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. “Ons hande is afgekap indien ’n motorist versuim om die reëls van die pad te gehoorsaam,” Om die verwarring rondom die aanhaling op te klaar. Omdat die ander (suidoostelike) gedeelte van Jan Smut’s Boulevard nie gesluit is nie kan die verkeersdepartement nie mense verhoed om daar deur te ry of te parkeer nie. Daarom het die publiek volle toegang op die suidoostelike gedeelte en ten opsigte daarvan is die verkeersdepartement se hande afgekap. Die verkeersdepartement kan eers intree wanneer padreëls oortree word of wanneer die hulle opdrag ontvang om daardie gedeelte van Jan Smut Boulevard te sluit.

    *Ek persoonlik glo die verkeersdepartement het ’n uitstekende taak verrig. Ek was verlig om te sien daar was geen rommelstrooiing by die suidoostelike kant die volgende oggend nie.

    *Hierdie is my persoonlike mening.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief