Verkiesing veroorsaak dat 243 kandidate Afrikaanse vraestel mis

Lees ook :

NOORD-KAAP. – Altesaam 243 kandidate het die Senior Sertifikaat en Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen weens die nasionale verkiesings op 8 Mei 2019 gemis.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê vakke wat op 7, 8 en 9 Mei 2019 geskryf moes word, was geherskeduleer vir 11 tot 14 Junie.

Dit raak hoofsaaklik die twee Afrikaanssprekende provinsies, die Noord-Kaap en Wes-Kaap.

Herskryf

Van der Merwe sê die onderwysdepartement het besluit om dié kandidate te akkommodeer deur vraestelle in beide Afrikaans huistaal vraestel 3 en Afrikaans eerste addisionele taal vraestel 3 weer te verskaf.

Dié vraestelle sal op Donderdag 11 Julie 2019 om 14:00 by die onderskeie sentrums geskryf word.

Net kandidate wat nie die eksamenvraestel op 11 Junie 2019 geskryf het nie, sal toegelaat word om dit te herskryf. Kandidate wat reeds die vraestel geskryf het, sal nie toegelaat word om die spesifieke vraestelle te herskryf nie.

Die onderwysdepartement sê hulle het alle prosesse in plek gestel om voor te berei vir die herskryf van die betrokke vraestelle.

Vir meer inligting

Vir meer inligting, kontak asseblief die volgende beamptes by die onderskeie distrikseksamen- en assesseringskantore:

  DISTRIK PERSOON KONTAKNOMMER
1 Frances Baard F Nassi 053 830 1606
2 John Taole Gaetsewe P Dichabe 053 773 9682
3 Namakwa L Landrew 027 718 8605
4 Pixley Ka Seme Dr J Snayers 053 632 9919
5 ZF Mgcawu S Masenge 054 337 6301

Margaret Ihlenfeldt en/of Mmabatho Ngakantsi kan by (053) 839 6500 of (053) 839 6715 vir meer inligting gekontak word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief