Verlate baba in hospitaal terwyl moeder nog soek is

’n Pasgebore babaseun wat ongeveer 6:00 die oggend op 16 Februarie 2019 lewendig en verlate in ’n veld by Caters Glen deur ’n tuinier gevind is, is nog in die hospitaal. Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die babaseun is nog in die hospitaal en maatskaplike werkers...

’n Pasgebore babaseun wat ongeveer 6:00 die oggend op 16 Februarie 2019 lewendig en verlate in ’n veld by Caters Glen deur ’n tuinier gevind is, is nog in die hospitaal.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die babaseun is nog in die hospitaal en maatskaplike werkers hanteer die saak. Die soektog na die kind se moeder duur voort.”

Enige persoon met meer inligting wat die ondersoek kan help, word aangemoedig om adjunk a.o. Shanele Antonie by 082 302 0468 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde