Vermiste Kimberley meisie gevind

Khanjisha Magau (9) is gisteraand na bewering in Findlaysonstraat, Verwoerdpark ontvoer. Sy is na bewering deur ’n swart Jeep met ’n Gauteng registrasienommer opgelaai. Die Olympic-laerskoolleerling is volgens gerugte ongedeerd gevind. ’n Lid van die Whatsapp-groep West end crime watch het aan FiND iT bevestig dat die meisie reeds...

Khanjisha Magau (9) is gisteraand na bewering in Findlaysonstraat, Verwoerdpark ontvoer. Sy is na bewering deur ’n swart Jeep met ’n Gauteng registrasienommer opgelaai. Die Olympic-laerskoolleerling is volgens gerugte ongedeerd gevind.

’n Lid van die Whatsapp-groep West end crime watch het aan FiND iT bevestig dat die meisie reeds gevind is. Die besonderhede van die saak is nog nie bevestig nie.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan FiND iT gesê: “Die polisie van Kimberley het gisteraand (12/10) omstreeks 23:30 ’n saak van ’n vermiste persoon ontvang. Die negejarige meisie het na bewering omstreeks 18:30 by haar huis in Verwoerd Park verdwyn. Die polisie het na die kind gesoek. Die kind is vandag (13/10) omstreeks die middag gevind en daar is ontdek dat sy by die huis van ‘n vroulike familievriend is. Die ondersoek duur voort.”

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol