Vermiste tiener word gesoek

Lees ook :

GALESHEWE. – Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om Tshepang Gomolemo Kgechane (18) op te spoor.

Sy is vandag by die Galeshewe-polisiekantoor deur haar ma as vermis aangemeld.

Sers. Majang Skalkie sê Tshepang is laas op Saterdag 20 Julie 2019 by ’n begrafnis by Nommer 2 in Galeshewe en later by ’n kroeg in Kimberley, gesien.

“Sy is laas gesien in ’n goue T-hemp en ’n beige romp. Sy het ’n gemiddelde liggaamsbou en swart hare.”

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, word versoek om asseblief vir sers. Seokama Mogoje, die ondersoekbeampte by die Galeshewe-polisiekantoor, by 053 807 6012 te kontak.

“Alle inligting wat ontvang word, sal as streng vertroulik behandel word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief