GALESHEWE. – Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om Tshepang Gomolemo Kgechane (18) op te spoor.
Sy is vandag by die Galeshewe-polisiekantoor deur haar ma as vermis aangemeld.
Sers. Majang Skalkie sê Tshepang is laas op Saterdag 20 Julie 2019 by ’n begrafnis by Nommer 2 in Galeshewe en later by ’n kroeg in Kimberley, gesien.
“Sy is laas gesien in ’n goue T-hemp en ’n beige romp. Sy het ’n gemiddelde liggaamsbou en swart hare.”
Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, word versoek om asseblief vir sers. Seokama Mogoje, die ondersoekbeampte by die Galeshewe-polisiekantoor, by 053 807 6012 te kontak.
“Alle inligting wat ontvang word, sal as streng vertroulik behandel word.”
