Vervaardiging van plaaslike drank en dagga by SOPA bespreek

Lees ook :

Sylvia Elizibeth Lucas, premier van die Noord-Kaap.

Die provinsiale rede (SOPA) het vandag 21 Februarie 2019 by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in Weseinde in Kimberley plaasgevind.

Die premier van die Noord-Kaap provinsie, Sylvia Lucas het die volgende punte gestel:

  • Bevordering van toerisme: Met samewerking tussen die departement van toerisme en die NamibiĆ«-regering sal ‘n nuwe toerismebrosjure met inligting oor die Noord-Kaap en gedeeltes van NamibiĆ« aan die grens van die Noord-Kaap-provinsie binnekort vrygestel word.
  • Kulturele diversiteit: Twee skole in die Noord-Kaap-provinsie naby aan die grens van NamibiĆ« gee onderrig in Nama-tale.
  • Onderrig: R406 miljoen is in die vorige finansiĆ«le jaar op studentebeurse bestee, maar praktiese werksondervinding en opleiding bly ’n probleem.
  • Sol Plaatjie-universiteit het grond in Carnarvon ontvang. Befondsing vir die bou van infrastruktuur word nou ingevorder om dit moontlik maak vir studente om navorsing daar te doen.
  • Korrupsie: Statistieke toon verbetering, maar is nog kommerwekkend. Die regering is konstant besig om aksieplanne te implementeer om korrupsie uit te wis.
  • Die regering doen ook navorsing om brandewyn, whisky, wodka en tequila plaaslik in die Noord-Kaap te vervaardig.
  • Die groei van hemp en dagga vir die gebruik van tekstiele, mediese en ontspanningsdoeleindes word ook ondersoek.

NEHAWU het vroegoggend reeds voor die konvensie sentrum, in afwagting van die besoek deur die premier, vergader.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief