Vier tronkbewaarders in hegtenis na dood van gevangene

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Vier tronkbewaarders van die Mangaung-korrektiewe fasiliteit in Bloemfontein is in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord op ‘n gevangene, Mpho Mkhumbeni (37).

Volgens vroeëre berigte deur Nuusflits is daar ’n dag voor Mkhumbeni se dood ’n deursoeking van selle gedoen, glo in verband met ’n rugsak met geld wat vermis is. Die oorledene was glo een van die gevangenes wie se sel deursoek is, en daar word vermoed dat hierdie gebeure aan mekaar gekoppel is.

Brig. Motantsi Makhele het bevestig dat Mkhumbeni se afsterwe op 12 Maart vanjaar aangemeld is. Aanvanklik is ’n geregtelike doodsondersoek geopen weens die vermoede dat hy aan natuurlike oorsake gesterf het. ’n Nadoodse ondersoek het egter later aan die lig gebring dat Mkhumbeni aan onnatuurlike oorsake dood is, wat daartoe gelei het dat die saak na ’n moordondersoek verander is.

Die Bloemspruit-polisie se verdere ondersoek het Dinsdag tot die arrestasie van vier tronkbewaarders gelei. Die verdagtes, tussen 34 en 50 jaar, is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hulle sal vandag, 23 April, in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Lees meer oor die insident hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief