Voormalige rugbyspeler verskyn weer in hof

Lees ook :

Eben Olivier (38), ‘n voormalige rugbyspeler van die stad, het vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn. Olivier is op 4 Februarie in hegtenis geneem weens bedrog waarna hy ongeveer twee weke in aanhouding was.

Hy het op 19 Februarie in die hof verskyn waar hy borg vir R500 toegestaan is.

Olivier word daarvan aangekla dat hy by ‘n gastehuis op die dorp gebly het en nooit betaal het nie. Hy het homself voorgedoen as “Deon Gouws” en vir vyf nagte in die gastehuis gebly.

Volgens die gastehuis het hy heeltyd gesê hy gaan betaal sodra hy uitboek.

Die voormalige Griekwa- en Griffon-rugbyspeler se saak is uitgestel tot 12 April vir mediasie om te kyk of die klaer en die beskuldigde kan skik.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App