KIMBERLEY. – Die Noord-Kaapse Valke se ondersoekeenheid het ’n 27-jarige vrou, ’n voormalige administratiewe klerk by die Valke, vir bedrog gedagvaar. Sy het vandag in die landdroshof vir korrupsie verskyn.
Nangomso Mtrara, die voormalige administratiewe klerk, het vandag besluit om staatshulp te aanvaar.
Nomthandazo Mnisi, die woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê na bewering het die verdagte in September 2018 ’n vals siekbrief vir haar afwesigheid ingedien.
’n Beampte by menslikehulpbronne het teenstrydighede met die mediese sertifikaat opgemerk en dit rapporteer. ’n Interne dissiplinêre verhoor het gevolg en Mtrara het haar bedanking op 22 Oktober 2018 ingedien.
Landdros Celeste Nameka het die saak uitgestel tot 20 September 2019, sodat Mtrara se prokureur met haar kan konsulteer.