Vragmotor slaan om op N12

Lees ook :

KIMBERLEY.- ’n Vragmotor het sowat 15km buite Kimberley omgeslaan nadat ’n voorwiel gebars het.

Die ongeluk het omstreeks 17:00 op die N12 plaasgevind. Die vragmotor was glo na Kaapstad onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.

Die drywer van die vragmotor het vasgesit in die wrak.

Ricardo Carelse, die “agterryer” van die vragmotor, sê die ongeluk het so vinnig gebeur dat hy nie kon sien in watter toestand die drywer was nie. “Ek het so vinnig probeer uitklim en weet nie hoe ernstig die drywer beseer is nie.”

Die vrag het sowat 33 ton lusernmeel vervoer.

Die owerhede en nooddienste was op die toneel. Day and Night Towing-dienste het gehelp om die drywer uit die wrak te lig.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief