Anneke Kruger, Anneke Rossouw en Forbie Klindt gaan vandag 8 Maart 2019 by CANSA se Shavathon by die Gariep-hospitaal tussen 10:00 en 12:00 hulle hare afskeer ten bate van liefdadigheid indien hulle ’n minimum van R30 000 kan insamel voor die spertyd om 11:30.
Diegene wat belangstel om ’n bydrae te maak, word aangemoedig om ’n donasie te maak en ’n bewys van betaling voor 11:30 vandag aan te stuur.