Na vele versoeke vir meer tyd om donasies in te betaal, is daar besluit om die spertyd na 12:00 Dinsdagmiddag 12 Maart 2019 te verleng.
Anneke Kruger, Anneke Rossouw en Forbie Klindt gaan komende Dinsdag, as deel van CANSA se Shavathon, hulle hare afskeer ten bate van die Anneke Rossouw-fonds indien hulle ’n minimum van R30 000 kan insamel.
Diegene wat belangstel om ’n bydrae te gee, word aangemoedig om ’n donasie te maak en ’n bewys van betaling teen Dinsdag aan te stuur.