Vrydag wenk: Hoe om ‘n vertrek groter te laat lyk

Lees ook :

Wil jy ‘n vertrek in jou huis groter laat lyk? Vermeulens Build It in Kimberley gee vyf maklike en bekostigbare wenke aan FiND iT-lesers oor hoe om dit te doen.

Wenke:

  1. Gebruik ligte, afwit skakerings verf in helder ondertone.
  2. Maak gebruik van skakerings van dieselfde kleurfamilie om kroonlyste, vloerlyste, deurkosyne, deure en prentelyste in die vertrek te verf.
  3. Plaas die meubels effens weg van die mure om die illusie van ruimte te skep.
  4. Maak gebruik van weggesteekte bêrespasie soos laaie onder die bed om meubels in die vertrek tot die minimum te beperk.
  5. Maak gebruik van ‘n groot venster wat baie natuurlike lig inlaat. Helder aandbeligting wat skaduwee areas beperk werk ook.

Vir professionele hulp binne en buite jou huis, besoek Vermeulens in Georgestraat 42 – 50 Kimberley of bel hulle by 053 832 9666.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App