Vullis-video het mense ontstoke – student praat

Lees ook :

‘n Video waarin ‘n student,  Eckhard Binding (21), vullis probeer optel, maar dit keer op keer deur betogers uitgegooi word, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Die video is al meer as 1,5 miljoen keer op Facebook gekyk.

Binding vertel aan FiND iT dat daar ‘n storie agter die video is. “Lank voor die video opgeneem is, het die betogers, werknemers van die kampus en studente betoog. Hulle het stoele, tafels en enige iets anders wat beskikbaar was omgestamp of rondgegooi.”

Binding vertel dat een van die stoele hom ook tydens die betoging getref het.

Aan die einde van die betoging wou Binding die universiteit skoonmaak, omdat dit vir hom ontstellend was om te gesien het hoe vuil dit is. Hy was besig om die laaste rommel op te tel, toe die video verfilm is.

In die video kan mens sien hoe Binding, wat omring word deur ‘n groep mense, die vullis probeer optel. Sodra hy dit in die asdrom gooi, word dit deur twee vroulike EFF-betogers uitgehaal en weer op die grond gestrooi.

“Wat help dit mens fight fire with fire? ,”sê-vra Binding.

“Al wat ons kan doen is om die situasie om te draai en ‘n goeie voorbeeld te probeer stel. Vloek en baklei gaan niks beter maak nie.” Binding sê dit is vir hom sleg dat geen mede-student hom gehelp het om skoon te maak nie.

Volgens Binding het hulle hom met Sotho woorde toegesnou. “Ek het myself afgesny om enige iets te hoor wat iemand sê. Ek het nie toegelaat dat hulle my onderkry nie.”

Die video is Vrydag, 1 Maart omstreeks 11:00 by die Thakaneng-brug op die Kovsiekampus verfilm waar Binding tans ‘n derdejaarstudent in bank-en beleggingsbestuur aan die universiteit van die Vrystaat.

Binding vertel dat hy na die situasie vir sy ma vertel het wat gebeur het en dat sy vir hom die volgende gesê het. “The only thing needed for evil to prevail it for is for good people to do nothing.” “Dit sal my altyd bybly,” sê hy.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App