Vyf jaar in die tronk vir valse CV

Lees ook :

Mense wat inligting op hulle CV’s verdaai of vervals kan moontlik hiervoor tronk toe gaan. Wysigings aan dié wetgewing wat dit ’n kriminele oortreding sal maak wag vir die handtekening van die president vir goedkeuring.

Luidens ’n verslag deur BusinessLive is die nuwe wetgewing amptelik deur die nasionale raad van provinsies (NRVP) aangeneem. Voorts sê die verslag die nuwe wetgewing, B20-2018, maak voorsiening vir die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) om ’n register van oortreders te hou.

Persone wat vir die vervalsing of verdraaiing van hulle kwalifikasies skuldig bevind word kan ’n boete ontvang of selfs tot ’n maksimum van vyf jaar tronkstraf opgelê word.

Daniel Crouse, die bestuurder van Workforce Staffing vir die Kimberley en Bloemfontein gebied, sê: “Ons is sekerlik een van die gelukkige agentskappe waar die vervalsing van kwalifikasies nie algemeen voorkom nie. Dit is nie ’n tendens wat ons in ons handelingsgebied sien nie.”

Luidens ’n verslag wat in 2018 deur die maatskappy, Managed Integrity Evaluations, vrygestel is, het voorvalle van vervalste kwalifikasies op CV’s afgeneem. Alhoewel vervalsing van kwalifikasies vanaf 2049 gevalle in 2016 tot 1678 gevalle in 2017 geval het, het die verdraaiing van kwalifikasies vanaf 44880 tot 50618 gevalle in 2017 gestyg.

Luidens die selfde verslag word die volgende aspekte meeste verdraai:

  • Vaardighede
  • Werkstitels
  • Verantwoordelikhede
  • Tydperk van dienslewering
  • Redes vir bedanking by vorige weergewers
  • Vorige werksondervinding

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief