Waarheen is die matrieks op pad?

Lees ook :

KIMBERLEY – Na ure se leer en al die swoeg en sweet voltooi die gr. 12-leerders uiteindelik hul eindeksamen en twaalf jaar se skoolloopbaan.

Belangrike besluite

Dit is tyd om die grootmenswêreld te betree en belangrike besluite te neem wat hulle toekoms kan bepaal. Daar is soveel rigtings en beroepe om van te kies en te keur. Hoe weet mens waarheen en watter kant toe?

Bloemfontein

Neil Hefer, ’n leerder van Hoërskool Diamandveld, beplan om volgende jaar BSC-Agric te gaan studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy vind die rigting baie interessant en weet dat om in ’n kantoor te werk, nie vir hom is nie. Ons wens hom alle sterkte toe vir sy studies wat voorlê. Ons sien daarna uit om te kyk wat hierdie Kimberliet nog gaan bereik.

Franli Kriek en Neil Hefer

Charl Burger het groot drome vir volgende jaar. Daar is ’n moontlikheid dat hy Frankryk toe gaan vir rugby. Ons hoop saam met hom dat dit vir hom uitwerk. Die ander moontlikheid is dat hy volgende jaar Bloemfontein toe gaan om by CTU te studeer. Hy beplan om genetic management te studeer en hy kies hierdie rigting omdat dit vir hom ’n geleentheid bied om die besigheidswêreld te betree. Na sy diploma beoog hy om om ’n BCom-graad in ekonomie te doen.

Charl Burger

Op pad na NWU

Micheala Beukes se motto in die lewe is: “Elke dag, enige dag wat jy ’n verskil kan maak in iemand se lewe – dit is ’n goeie dag. Sy het ’n hart vir kinders. Sy beoog om volgende jaar aan die Universiteit van Potchefstroom BA kindersielkunde en sosiologie te studeer. Daarna wil sy verder studeer en haar BEd-graad ook voltooi. Op dié manier sal sy ’n verskil in baie se lewens kan maak. Die onderwyswêreld het meer sulke mense nodig.

Micheala Beukes

Pretoria

Liam Jacobs is ’n leerder van Hoërskool Noord-Kaap. Sy groot droom is om die president van Suid-Afrika te word. Hy wil in 2020 politiek studeer aan die Universiteit van Pretoria. Hy beskryf dit as ‘n baie veelsydige rigting. Hy kies hierdie rigting omdat dit hom kan help om sy drome ’n werklikheid te maak.

Liam Jacobs

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App