Water word vanaand weer afgeskakel

Lees ook :

KIMBERLEY. – Die munisipaliteit sal binne die volgende uur die water aanskakel, maar gaan die water omstreeks 19:00 weer afskakel.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die herstel en aansluiting van die Y-stuk by die Riverton-watersuiweringsaanleg is voltooi en geen lekkasies is tot dusver aangemeld nie.

“Ons sal binne ‘n uur water deur die 600mm pypleiding begin pomp. Dit sal die kapasiteit met ’n gemiddeld van 1 200 liter per sekonde verhoog.”

Hy sê om die vlakke by die Newton Reservoir te verhoog, sal hulle die water na Roodepan- en Galeshewe-gebiede omstreeks 18:00 afskakel. “Newton sal later om en by 19:00 afgeskakel word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief