Waterkrisis op Garies

Lees ook :

Die DA in die Noord-Kaap doen ’n beroep op die LUR van Coghsta, Bentley Vass, om dringend in te gryp in die Kamiesberg-waterkrisis.

Luidens ’n DA-verklaring is meer as R13 miljoen glo in Garies aan ’n ontsoutingsaanleg spandeer.

Sperdatum geskuif

“Hierdie sisteem was veronderstel om reeds teen November 2016 klaar te wees,” sê Andrew Louw, DA-premierskandidaat. “Die sperdatum het na Maart 2017 geskuif. Tot op hede is die hierdie proses slegs 80% voltooi en die konstrukteur het nog nie hierdie perseel aan die munisipaliteit oorhandig nie.”

Tot stilstand

Louw voer aan hierdie aanleg kon baie huishoudings gehelp het met die droogte wat hulle tans ervaar. “Terwyl hierdie onvoltooide aanleg semi-operasioneel was, het dit nou tot ’n totale stilstand gekom weens die pomp wat gebreek het,” sê Louw verder.

Waterkrisis

Intussen het die chemikalieë ook gekom, maar dis van geen nut nie, omdat die pomp buite werking is. Verder het baie gedeeltes van Garies al vir weke lank nie water nie weens lae druk. Selfs nabygeleë gebiede soos Kheis, Twee Rivier en Kharkams ly onder hierdie krisis.

Swak bestuur

Kamiesberg se munisipale bestuurder, mnr. Rufus Beukes, het erken hierdie waterkrisis kom neer op swak bestuur.

Onaanvaarbaar

“Dit is onaanvaarbaar dat gemeenskappe van hulle basiese waterregte besteel word weens die munisipaliteite se wanbestuur,” sê Louw.

Vêrder in die verklaring sê die DA dat hulle ’n plan het om die waterbesnoeiings te verhoed.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief