Waterverbruik in dorstige Kimberley neem 55.88% toe

Lees ook :

Die watersuiweringsaanleg by Riverton het tans die kapasiteit om Kimberley van slegs 95 megaliters per dag te voorsien, terwyl die verbruik met 55.88% toegeneem het.

Kimberley se vereistes is ongeveer 170 megaliters per dag. Die maksimum kapasiteit wat die waterpompe van Riverton kan handhaaf, is 108 megaliters per dag ten spyte van miljoene rande wat oor die afgelope paar jaar op die waterinfrastruktuur spandeer is.

Sol Plaatje-munisipaliteit moedig inwoners aan om water te bespaar, terwyl verskeie waterlekkasies in Kimberley nog nie deur die munisipaliteit herstel is nie.

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Waterverbruik is hoër omrede Kimberley ‘n hittegolf ervaar en nog geen reën ontvang het nie. Daar is geen groot lekkasies op die watertoevoer nie, maar die waterinfrastruktuur is baie oud.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App