Gedeeltelik bewolkte weer met ‘n maksimum van 28°C met die moontlikheid van ligte reënbuie gedurende die middag word vir vandag in Kimberley verwag.
Ligte reënbuie in die voormiddag en hewige reënbuie word in die namiddag met ‘n maksimum van 26°C vir Vrydag 15 Februarie 2019 verwag. ’n Maksimum van 24°C en ligte reënbuie word vir Saterdag 16 Februarie 2019 voorspel.
Langtermyn weervoorspellings dui op uitermatige warm weer vir volgende week met ’n maksimum van 30°C, 33°C en 38°C wat vir Maandag, Dinsdag en Woensdag verwag word.



–s