Sonnige weer met ‘n maksimum van 27°C word vir vandag in Kimberley voorspel. ’n Minimum van 5°C en ’n maksimum van 20°C met sonnige weer word vir Donderdag en Vrydag voorspel.
Die naweek: sonnige weer word verwag
’n Minimum van 9°C en ’n maksimum van 22°C met ’n ligte bries word Saterdag en Sondag hier verwag.
Volgende week: warm weer duur voort
Temperature vir volgende week kan tot ’n maksimum van 23°C styg.