Werker by Hooggeregshof vir korrupsie vas

Lees ook :

KIMBERLEY – Method Mqeytwa, ’n 49-jarige vrou wat by die hooggeregshof in Kimberley werksaam is, is oor “omkoopgeld” in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê die verdagte is op 11 Julie in hegtenis geneem. Na bewering het Mqeytwa gesamentlik R15 000 omkoopgeld geëis om twee vroue met die bereddering van ‘n bestorwe boedel te help.

Die verdagte het Vrydag in die Kimberley-landdroshof op aanklag van korrupsie verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App