WhatsApp beperk aanstuur van boodskappe

Lees ook :

WhatsApp het ’n beperking ingestel wat die aanstuur van boodskappe tot vyf persone beperk.

Met die nuwe instelling beoog WhatsApp om die verspreiding van fopnuus en gerugte te bekamp. Die beperking is alreeds sedert Julie 2018 in Indië in werking gestel na ’n reeks moorde wat gevolg het nadat gerugte oor WhatsApp aangestuur is.

Die visepresident van WhatsApp het by ’n byeenkoms in Jakarta Indonesië aangekondig die beperking sal vanaf 21 Januarie 2019 wêreldwyd ingestel word. Android-toestelle gaan die opgradering eerste ontvang, gevolg deur iOS-toestelle.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief