WhatsApp-goggas ’n jaar later nog nie herstel nie

Lees ook :

Twee van drie programmatuurgoggas op die WhatsApp-kitsboodskaptoep, wat kuberkrakers (hackers) onder andere toelaat om boodskappe te verander, is ’n jaar nadat dit ontdek is nog nie herstel nie.

Check Point Software Technologies Ltd., ’n Israeliese maatskappy wat netwerksekuriteitsdienste lewer, sê hulle navorsers het drie moontlike maniere gevind om gesprekke op WhatsApp te verander.

Een van die goggas maak gebruik van die aanhalingsfunksie in WhatsApp-groepe om die identiteit van die sender te verander. ’n Ander fout laat toe om die teks van ’n boodskap wat ontvang is te verander. Die derde gogga, die enigste wat herstel is, het toegelaat dat ’n privaat boodskap in ’n publieke groep sigbaar word wanneer die slagoffer daarop antwoord.

Oded Vanunu, hoof van navorsing by Check Point, sê WhatsApp het meer as 1.5 miljoen verbruikers wat die toep nie net vir die stuur van privaat boodskappe gebruik nie. Dit word ook vir besigheid en politieke doeleindes gebruik. Dit kan daarom ernstige gevolge dra, het Vanunu gesê. 

Sluit nou aan by FiND iT se nuusgroep op Telegram om op hoogte van nuus te bly. Besoek ons kortskakel, find-it.co.za/telegram/nuusgroep om Telegram af te laai en om by ons groep aan te sluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief