‘Walking Dead’ akteur Moses J. Moseley dood gevind

Lees ook :

Akteur Moses J. Moseley (31) wat ‘n zombie in die trefferreeks The walking Dead gespeel het, is Woensdag dood aan ‘n skietwond gevind. Owerhede ondersoek die moontlikheid van selfdood.

Moseley as ‘n zombie in The Walking Dead

Moseley se liggaam is in Stockbridge, Georgia, gevind. Sy familie het aan Daily Mail Online bevestig dat hulle hom op 23 Januarie 2022 laas gesien het en hom as op die 26ste Januarie as vermis aangemeld het.

Alhoewel die Henry County-polisiedepartement nie dadelik gereageer het op Daily Mail se navrae nie, het die familie ook bekend gemaak dat die sekuriteitsfirma, OnStar, Moseley se voertuig opgespoor het en ook die liggaam ontdek het.

Moseley se verteenwoordiger, Tabatha Minchew, het aan The Wrap gesê: “Hy was nie net ’n kliënt nie, hy was my beste vriend vir meer as 10 jaar.”

Moseley het op 13 Januarie op Facebook geskryf: “ Jy is op jou sterkste wanneer jy besluit om gelukkig te wees vir geen rede nie.”

Moses J. Moseley op een van sy Facebook Fotos

Lees hier van Ram vir ‘n Rus se eerste verlowing.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief