Klein vegtertjie (4): ‘Ek het nie eers geweet kinders kry kanker nie’

Lees ook :

Die pragtige klein Janique Venter is op die ouderdom van ses maande met Neuroblastoom Fase 3 kanker gediagnoseer.

Haar gewas is in die regterkant van haar nek. Tot dusver het nie een van die chemo-behandelings gewerk nie.

Haar ma, Nadine, sê operasie is nie ‘n opsie nie, dit is te gevaarlik.

Janique is ‘n sterk, besige, mooi en slim dogtertjie. “Sy is bewus van dat ons hospitaal toe gaan, maar sy weet nie dat sy siek is, of dat daar iets fout is nie. Ons maak haar soos ‘n normale dogtertjie groot.” Nadine sê hulle het hulle dae wat hulle af is – dis nie elke dag maklik nie. “Veral toe ons die eerste dag hoor sy het kanker, het ons lewens inmekaargestort.
Ek het nie eers geweet kinders kry kanker nie.

“Maar ek het gesê daar is 2 opsies, of ons gaan sit in ‘n hoekie en huil en bejammer onsself of ons staan op en baklei.”

En dis wat hulle besluit het, om op te staan en te baklei. En vandag kry NIKS vir Janique onder nie.

Sy het nou bestraling gekry, 15 dae se sessies by Nasionaal Hospitaal. “Ons het afgekom op ‘n dokter van Houston, Texas af wat behandeling daar gee.” Dié behandeling is Antineoplaston IV Treatment en Gene targeted therapy. Sy sê hulle benodig nog baie fondse.

“Ons kort ‘n miljoen om oor te gaan, en dan as ons terugkeer Suid-Afrika toe is dit +- R400 000 maandeliks.

“Ons is so dankbaar vir elke bietjie wat almal bydra, en vir almal wat ons help met fondsinsamelings en om geld in te samel.

Die behandeling is in Houston Texas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief