NOORDWES. – ‘n Man (56) se liggaam is Donderdagaand met ‘n steekwond in sy bolyf in ‘n Toyota Land Cruiser op die R503 in Hartbeesfontein aangetref.
Kapt. Aafje Bothma sê die voertuig se ligte was nog aan. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
‘n Vrou (47) is Vrydag tydens noukeurige ondersoek in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting vandag vir die beweerde moord in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel




