Senzo Meyiwa-moordverhoor tot volgende jaar uitgestel

Lees ook :

Senzo Meyiwa-moordverhoor uitgestel tot volgende jaar
Senzo Meyiwa-moordverhoor uitgestel tot volgende jaar fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel

PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-moordverhoor is tot 22 Januarie 2024 uitgestel.

Die verdediging het gister vir uitstel gevra na adv. Thulani Mngomezulu gesê het hy is siek. Die staat het ooreengekom met die verdediging om die saak uit te stel en regter Ratha Mokgoatlheng het die uitstel aanvaar.

Brig. Bongani Gininda, die hoofondersoeker, moes in ’n verhoor binne ‘n verhoor, wat al die afgelope paar maande plaasvind, getuig om te besluit of die verdagtes se skulderkennings in die verhoor gebruik kan word.

Senzo Meyiwa is in 2014 in sy meisie, Kelly Khumalo, se huis in Vosloorus doodgeskiet tydens ’n roof wat glo verkeerd gegaan het.

Bronne: The Citizen, IOL, EWN

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief