Donkie uit rioolput gered, sterk goed aan

Lees ook :

Donkie vasgekeer in ’n rioolput in Hebron en later veilig by die Tshwane DBV
Donkie vasgekeer in ’n rioolput in Hebron en later veilig by die Tshwane DBV

TSHWANE. – ’n Donkie wat verlede week in Hebron in ’n rioolput vasgeval het, sterk goed aan nadat hy in ’n gesamentlike reddingspoging bevry is.

Volgens die Tshwane-dierebeskermingsvereniging (DBV) is die dier veilig en word hy steeds versorg ná die skrikwekkende ondervinding.

‘n Oproep om hulp is Dinsdag 11 Augustus 2026 deur die DBV uit Hebron ontvang. ‘n Donkie het in ’n rioolput geval en was vasgekeer, bang en nie in staat om homself te bevry nie.

Die Tshwane-DBV se inspekteurs het met die hulp van The Haws en Soshanguve Animals Shelter ’n reddingsoperasie van stapel gestuur.

Ná die redding is die donkie na die Tshwane-DBV geneem, waar hy die nodige sorg en aandag ontvang het. Volgens die organisasie word sy vordering steeds dopgehou.

Die Tshwane-DBV beklemtoon sulke oproepe is deel van die groter verantwoordelikheid wat hulle inspekteurs daagliks dra.

“Diere word gereeld beseer, vasgevang of aan hul eie lot oorgelaat, en wanneer so ’n oproep kom, moet die inspekteurs gereed wees om te reageer,” lui ’n plasing op die organisasie se Facebook-blad.

Volgens die DBV is hulle in sommige gevalle ’n dier se enigste hoop.

Bron: Tshwane DBV

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief