Man sterf na ‘keel oopgesny’ is tydens huisroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (55) is dood en twee van sy vriende beseer nadat hulle Woensdag omstreeks 00:30 die slagoffers van ‘n beweerde huisroof in Harry Gwala in Zamdela was.

Sers. Mahlomola Kareli sê die drie vriende was na bewering by die huis toe daar ‘n klop aan die deur was. Een van die oorledene se vriende het glo die deur oopgemaak, waarop drie gewapende verdagtes binnegestorm en geld geëis het.

Die slagoffer se kontant en bankkaart is glo gevat, waarna die huis geplunder is. Voordat die verdagtes na bewering die huis verlaat het is die drie slagoffers aangerand. Eers nadat die verdagtes weg was, het die vriende gesien die oorledene bloei erg waar sy keel oopgesny was.

Zamdela-polisie en nooddienste is ontbied en die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

Die polisie, wat ‘n moord-en-huisroofsaak ondersoek, vra enigiemand wat inligting oor die brutale aanval het om speur.sers. Tauru Majwe by 071 094 0570 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief