Bejaarde tydens aanval op kleinhoewe in kop geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Rassie Smith (69) is Dinsdagoggend vroeg, omstreeks 01:45, tydens ‘n huisroof op ‘n kleinhoewe in Niemandstraat, Andeon in die Hercules-polisiëringsarea in die kop geskiet.

AO Johan van Dyk sê die slagoffer en sy vrou het in hul slaapkamer geslaap, terwyl hulle seun met sy vrou en kinders, onderskeidelik agt en een jaar oud, in die sitkamer geslaap het.

Die ouer vrou het wakker geword en twee mans by die voetenet van hul bed opgemerk. Sy het geskree, waarop haar man wakker geword het.

Die een verdagte het ‘n skoot geskiet wat die slagoffer in die linkerkant van sy kop getref het. Beide verdagtes het sonder om iets te steel, gevlug. Die slagoffer se seun het in ‘n poging om die verdagtes af te skrik die wapen wat leë rondtes skiet gegryp en lukraak buite geskiet.

Die slagoffer is met ‘n ambulans na die Kalafong-hospitaal vervoer.

Die ondersoek na die huisroof duur voort.

Nico van Vuuren, die voorsitter van Hercules GPF Sektor 4, sê in ‘n sosialemediaplasing hy het WhatsApp-boodskappe ontvang van die aanval en ‘n huurder wat in die kop geskiet is. Die twee verdagtes wat as kort van lengte beskryf is, het toegang deur ‘n deur verkry. Honde op die kleinhoewe is ‘n week vantevore vergiftig.

Van Vuuren sê die polisie was baie vinnig op die toneel. Hy het voorts die betrokke rolspelers wat vir hulp gemobiliseer het, bedank.

Soos verstaan word, is die slagoffer in ‘n kritieke toestand in Kalafong-staatshospitaal. Hy moet blykbaar ‘n operasie ondergaan om ‘n koeël te verwyder.

Bron: SAPD en Hercules GPF Sektor 4

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief