Help jou kind só om angs vir skool te verminder

Lees ook :

Help jou kind om skoolangs te verminder. Foto ter illustrasie: Canva

Die laaste vol week van die skoolvakansie het aangebreek. Dit is gewoonlik die tyd wanneer sommige kinders luidkeels verkondig dat hulle nie kan wag om hulle vriende weer te sien nie. Ander raak egter stiller en begin al hoe meer ipekonders kry.

Hier is wenke vir hoe jy as ouer jou kind kan help om angs vir skool te verminder:

  1. Ontwikkel ’n vaste roetine voor slaaptyd en soggens voor skool. Dit laat jou kind veilig en geborge voel.
  2. Gee vir jou kind iets om hom/ haar aan jou te herinner sodra angstigheid oorneem. Dit kan ’n spuit van Ma of Pa se parfuum wees of selfs juweliersware wat onder die skoolklere weggesteek is.
  3. Gaan saam met jou kind in die gees deur die skooldag om uit te vind wat presies die oorsaak van die angs is.
  4. Moenie vir jou kind kwaad raak as die angs kop uitsteek nie. Werk eerder saam aan praktiese oplossings.
  5. Moedig buitemuurse aktiwiteit aan waarvan jou kind hou en waar vriende gemaak kan word.
  6. Moenie dadelik skool toe gaan om die onderwysers of skoolhoof te spreek nie. Dit kan jou kind verder angstig maak. Gee tyd en los dit as laaste opsie.

Jy as ouer moet ferm maar ondersteunend wees om jou kind deur die hindernisse van sy of haar skoolloopbaan te lei.

Bronne: Healthy Children, Parent, Bezzia

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief