VRYSTAAT. – In die aanloop tot universiteitsregistrasie en die soek na studenteverblyf, het die Vrystaatse polisie ’n beroep op ouers gedoen om waaksaam rakende vals onderwysinstellings en akkommodasie te wees.
Ouers word gewaarsku teen verblyf wat slegs telefonies of aanlyn beskikbaar is. Verder is daar hoëronderwysinstellings wat net in naam bestaan en oor geen klasse of kampusse beskik nie.
Hulle raai ouers en voogde aan om geen geld in rekeninge oor te betaal voordat hulle nie fisies by die akademiese instelling of akkommodasie was nie.
Lt.genl. Baile Brenda Motswenyane het gesê in die verlede het talle ouers hulle spaargeld so verloor. Sy het ook gesê dat gevalle dadelik aangemeld moet word as ouers onraad vermoed.
Bronne: SAPD, Twitter





