Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort
SUID-KOREA. – Die slag en verkoop van honde vir hulle vleis sal volgens ‘n nuwe wet vanaf 2027 onwettig wees in Suid-Korea.
Onder die nuwe wet sal diegene wat skuldig bevind word aan die slag van honde tot drie jaar tronkstraf gevonnis kan word. Mense wat honde grootmaak vir hulle vleis of wat hondevleis verkoop, kan tot twee jaar tronkstraf gevonnis word. Die eet van hondevleis sal nie teen die wet wees nie.
Eienaars van hondeplase en hondevleisrestaurante het drie jaar om hulle sake in orde te kry voor die wet geldig word. Die ouer generasie in Suid-Korea is ongelukkig met die nuwe wet, aangesien hulle hondevleis as ‘n fynproewersdis beskou wat al geslagte lank geëet word. Hulle blameer jong mense met troeteldiere vir die nuwe wet.
Bronne: BBC, EWN, Mail Online
Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort





