JN.1 Covid-variant nou mees algemene variant in wêreld

Lees ook :

JN.1 Covid-variant nou mees algemene variant in wêreld
JN.1 Covid-variant nou mees algemene variant in wêreld fotokrediet: Canva

Lees ook: Nuwe Covid-variant nou in Suid-Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê die JN.1 Covid-variant is nou die mees algemene variant wat wêreldwyd aangemeld word.

Die WGO het gesê hoewel Covid-19 nie meer ‘n globale gesondheidsnoodgeval veroorsaak nie, is die virus steeds besig om te sirkuleer, te verander en om mense dood te maak.

Data van verskeie bronne het gewys die virus het in Desember begin versprei soos mense gereis het en die JN.1-variant is die meeste aangemeld.

Die WGO het gesê byna 10 000 mense is in Desember aan Covid oorlede. Daar was glo ook ‘n 42% styging in mense wat in die hospitaal opgeneem is en 62% styging in mense in die intensiewesorgeenheid.

Bronne: IOL, Yale Medicine, CDC

Lees ook: Nuwe Covid-variant nou in Suid-Afrika

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief