Vermiste hond amper twee maande na Kersfees veilig tuis

Lees ook :

Shaka is deur Tommy en Ester gered en veilig aan sy eienaar, Louise Jordaan terugbesorg. Foto's: South Coast Herald

UVONGO, KZN. – Shaka, ’n hond wat vir byna twee maande vermis was, is uiteindelik met sy eienaar, Louise Jordaan van Uvongo, herenig te danke aan sy mikroskyfie.

Die massiewe Shaka het op 4 Desember 2023 tydens ’n hewige donderstorm uit Jordaan se erf gebreek. Sy het onsuksesvol na hom gesoek en het daagliks by die nabyliggende dierebeskermingsvereniging gaan inloer om te kyk of hy nog nie gevind is nie.

Tydens nog ’n donderstorm ongeveer twee maande later, het Tommy en Ester Koekemoer van Pumela ’n natgereënde en moeë hond langs die N2 tussen Ifafa en Mtwalume, 60 km van sy huis af, gewaar.

Tommy het afgetrek en die hond geroep. Die hond het dadelik aangehardloop gekom en in die voertuig gespring. South Coast Herald berig dat hy die nag by die Koekemoers geslaap het waarna hulle hom die volgende oggend na Lower South Coast-dierebeskermingsvereniging  (LSC) geneem het.

Volgens Mike Davis van LSC het hulle die hond vir ’n mikroskyfie skandeer en hom as die vermiste Shaka geïdentifiseer.

Daar is kontak met Jordaan gemaak, waarna sy en Shaka herenig is. LSC het troeteldiereienaars aangemoedig om vir hulle troeteldiere mikroskyfies te laat insit.

Bronne: South Coast Herald, LSC, The Citizen, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief