‘Blapsie’ openbaar geslag van baba op unieke wyse

Lees ook :

Foto: Carien Botha FB-blad

Carien Botha, oftewel Blapsie, SA-aktrise, en haar man, Lloyd de Wet, het die geslag van hulle tweede baba op ‘n unieke wyse in ‘n video bekendgemaak.

In die video hardloop twee vroue, Carien se suster en haar man se suster, vir die wenstreep, natuurlik een in blou en een in pienk. En net voordat jy dink die een wen, is die ander een eerste oor die streep.

Vir diegene wat nie die video onder oë gehad het nie – die aktrise verwag ‘n babadogter, genaamd Luca, wat van Sion ‘n ouboet maak.

Carien word vir haar rol as Blapsie in Mollie en Wors en vele ander rolle geken.

Hier is wat sy in haar sosialemediaplasing oor die bekendstelling van Luca se geslg te sê het:

… en hier is dit nou. Die klein klits wou eers bietjie later (24 weke) wys wat se geslag sy is. Good for you, my girl. Keep it private.

Ons wou iets anders doen en het besluit om self die geslag te weet, en dan ons geliefdes te verras. Ons het my sussie @anleriebotha en Lloyd se sussie @_life_as_lauren gevra om vir ons bietjie aktrises te wees. Nie een van hul het geweet wat die geslag sou wees nie, want ons het beide se einde geskiet waar hul wen en dan “celebrate” saam met Sion.

Wat se pret was dit nie gewees nie.

Popcorn 🍿 en movie 🎬 day to reveal the gender.

Dankie my liefste man @swaerie2 vir al jou moeite met die video en dat jy altyd so betrokke is by als. Ek het regtig die beste gekry.

Ons Liefste Luca, “Bringer of light” Ons sien uit om jou te ontmoet en Sion ‘n ouboet te maak. Pappa het klaar ‘n geweer gekoop en mamma bid heeltyd. Ons sal jou elke dag klee in die wapenrusting van God net soos ons dit al amper 4 jaar met Sion doen. Mag die swangerskap goed gaan in Jesus se naam.

Dankie aan ons ouers, sussies en vriende wat die dag saam met ons kon geniet het.

Swem, speel, spring eet en kuier.

Skermgreep van video-opname Carien Botha

Skermgreep van video Carien Botha

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief