VRYSTAAT. – Elsa van der Walt (55) is gisteroggend omstreeks 03:00 ernstig tydens ‘n aanval in haar woning in Ehrlichpark, in Bloemfontein beseer.
Volgens kapt. Loraine Earle het die beseerde vrou se man buite die huis ondersoek ingestel omdat hulle honde onrustig was. Toe hy buite is, het hy gehoor hoe sy vrou binne die huis vir hulp skree.
Na bewering is Elsa van der Walt deur ‘n onbekende verdagte, vermom met ‘n balaklawa, met ‘n panga in die huis aangeval. Tydens die bakleiery is die verdagte glo oor die kop geslaan is. Earle sê die verdagte het sonder ‘n hemp, met ‘n swart broek en ‘n wond aan sy kop van die toneel gevlug.
Elsa van der Walt is met ernstige beserings oor haar hele lyf na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie is op soek na drie onbekende mans wat met die ondersoek van die poging tot moordsaak wat geregistreer is kan help.
Enigiemand met inligting word versoek om speur.kapt. Edith Botha by 079 516 4299 of speur.AO Jaco van Zyl by 084 501 8147 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





