‘Afrikaans jy is meer as ‘n taal, jy is wat ons een maak’

Lees ook :

Die opwindende Afrikaans Oppie Platteland Fees staan op die punt om meer as 8 000 Afrikaners by Môreson Plaas op Malmesbury in die Wes-Kaap van Suid-Afrika, te vermaak met musiek, pret en familievermaak op 10 Februarie.

Hierdie fees beloof om ‘n dag van opwinding te wees vir almal in die gesin, met ‘n verskeidenheid prettige aktiwiteite vir die kleinspan terwyl die ouers kwaliteitmusiek geniet.

Dirkie Gildenhuys, organiseerder van dié fees, deel sy passie vir Afrikaanse musiek en glo in die krag daarvan om mense saam te bring. “Ons is trots om die grootste Afrikaanse musiekfees vir die hele gesin op die platteland aan te bied.”

Nuusflits.com is trots om die mediaborg vir hierdie fees te wees en sal Saterdag daar wees om jou op hoogte te hou van alles wat aangaan.

Jana Engelbrecht, redakteur van Nuusflits, sê dié fees is die perfekte manier om die nuwe digitale nuusplatform aan die Afrikaanse publiek bekend te stel. “Ons het hard gewerk om vir jou ‘n nuwe ervaring te bring. Ons is trots om Afrikaans te wees. Ons is trots op verantwoordelike joernalistiek.”

Die fees vier alles wat Afrikaans is en dit is presies wat Nuusflits ook doen. “Ons glo dat elke Afrikaanse Suid-Afrikaner gratis toegang moet hê tot nuus, leefstylartikels, wenke, resepte en vele meer. Ook moet jy kan lees net soos jy wil – of dit nou op die webwerf is, ons toep, WhatsApp, Telegram, TiKTok, Instagram of Facebook.”

Nuusflits vier dié nuwe hoofstuk met die woorde uit Elandré – wie ook by Afrikaans Oppie Platteland optree – se “Afrikaans Sal Bly”:

Afrikaans jy’s meer as ‘n taal
Jy’s wat ons laat saak maak

Afrikaans jy’s meer as ‘n taal
Dis jy wat ons een maak

Hier is die kunstenaars wat deel van die fees is:

  • 1h00 Mirandi
  • 11h30 Samantha Leonard
  • 12h10 Chris Steyn
  • 12h50 Bobby van Jaarsveld
  • 13h30 Demi Lee Moore
  • 14h10 Juan Boucher
  • 14h50 Elandré
  • 15h30 Karlien van Jaarsveld
  • 16h10 Jay
  • 16h50 Robbie Wessels
  • 17h30 Brendan Peyper
  • 18h10 Appel
  • 18h50 Ricus Nel
  • 19h30 Riaan Benade
  • 20h10 Kurt Darren
  • 20h50 Snotkop
  • 21h30 Bok van Blerk
  • 22h10 Die Heuwels Fantasties
  • 22h50 Early B
  • 23h30 DJ Wico

MC’s: Angelique Gerber & Altus Theart

Dit beloof om ‘n dag vol musiek, pret en onvergeetlike herinneringe te wees vir die hele gesin. Kom sluit aan by die fees en ervaar die unieke gees van die Afrikaanse kultuur op die platteland!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief