Polisie vra hulp om busskieters op te spoor

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Newlands East-speurders versoek getuies en diegene met inligting van ‘n skietery Woensdag op ‘n bus waar ‘n vrou (52) noodlottig gewond is, om na vore te kom.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê passasiers het in ‘n bus wat in privaat besit is, gereis toe onbekende mans in die bus op hulle geskiet het. ‘n Vrou is dood en nog twee passasiers is gewond.

Enigiemand met inligting kan AO Basha by 082 582 3672 bel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Vrou, vermoedelik in haar 50’s, is Woensdagmiddag omstreeks 17:30 op ‘n bus in Newlands Westrylaan noord van Durban doodgeskiet en twee mans gewond.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê verskeie oproepe van ‘n skietvoorval op ‘n bus is ontvang. Met paramedici se aankoms was die toneel reeds afgekordon. Drie mans het glo lukraak binne die bus op passasiers begin skiet.

‘n Vrou is op die toneel dood verklaar en ‘n man, ook vermoedelik in sy 50’s, is in sy rug geskiet. Hy is gestabiliseer en vir verdere mediese bystand na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer terwyl nog ‘n man na ‘n privaat hospitaal gehaas is.

Die omstandighede van die skietvoorval is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief