SUMATRA, INDONESIË. – Nagenoeg 44 mense is dood en nog 15 vermis na fratsvloede en modderstortings die Sumatra-eiland in Indonesië die naweek getref het.
Volgens berigte het die hoë moesonreënval saam met ’n modderstorting en koue lawa vanaf die berg Marapi veroorsaak dat ’n rivier sy walle oorstroom.
Koue lawa, bestaande uit vulkaniese as en klippies, het tydens die hewige reën bergaf gevloei en meer as 3 100 inwoners aan die weste van die eiland laat ontruim.
Na raming is ongeveer 19 mense beseer. Nooddienste het gesukkel om toerusting by die beseerdes te kry omdat die modder dit bemoeilik het.
Slegs twee maande gelede was daar ook ’n fratsvloed in die gebied waarin 26 mense dood is.
Heavy rains brought flash floods and landslides to West Sumatra #Indonesia claiming at least 41 lives #Flood #Sumatra #Landslide #Flashflood #Rain #Flooding #Viral #Weather #Climate pic.twitter.com/e8w3kvOpRQ
— Earth42morrow (@Earth42morrow) May 13, 2024
VIDEO: Flash floods and cold lava flow from a volcano in western Indonesia have killed at least 44 people with 15 more missing. #AFPVertical pic.twitter.com/SxMV34ZFFF
— AFP News Agency (@AFP) May 13, 2024
Bronne: The Guardian, Sky News, ABC News, X





