NOORD-KAAP. – Die Postmasburg-polisie vra die hulp van die gemeenskap om Luntu Basil Hatta (53), ‘n vermiste soldaat, op te spoor.
Lt.kol. Sergio Kock sê Hatta is laas op 2 Junie omstreeks 05:00 by die Lohatla-weermagbasis opgemerk.
Hatta was in ‘n blou denimbroek met ‘n swart baadjie geklee.
Enigiemand wat weet waar Hatta hom bevind, word gevra om speur.kapt. Hans Brendall by 082 495 0796 te bel.





