[t4b-ticker]

Leeuwyfie verskeur werker

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Werker (43) is Sondag op ‘n wildsplaas in Glen, waar hy besig was om ‘n draadheining te herstel en ‘n hek op te rig, deur ‘n leeuwyfie verskeur.

Kapt. Lorraine Earle sê die oorledene en sy toesighouer was omstreeks 12:20 klaar met die oprigting van die hek by ‘n leeukamp. Hy het van sy kamer reguit na die leeukamp gegaan. Sy toesighouer het vir hom geskree om uit te gaan, omdat daar ‘n leeuwyfie in die kamp was.

Earle sê die waarskuwing was egter te laat. Een van vier leeus het die werker aangeval en hy het gesterf.

Die slagoffer se liggaam, met verskeie bytmerke, is van die leeuwyfie weggehaal. Die leeu is van kant gemaak.

Glen-polisie is na die toneel ontbied en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief