Prinses Anne uit hospitaal na ongeluk met perd

Lees ook :

Prinses Anne

Lees ook: Prinses Anne in hospitaal met harsingskudding

Volgends SkyNews sal prinses Anne nou tuis herstel totdat dokters adviseer dat dit veilig is vir haar om terug te keer na haar openbare pligte.

Prinses Anne het teruggekeer na haar huis ná vyf nagte in die hospitaal met ligte hoofbeserings en harsingskudding. Sy het privaat, sonder om gesien te word, na haar huis by Gatcombe Park vertrek.

Die 73-jarige prinses Anne is deur ‘n perd beseer terwyl sy Sondag op die Gloucestershire-landgoed gestap het.

Haar man, vise-admiraal sir Tim Laurence, het mediese personeel wat vir haar gesorg het in Bristol, geprys.

“Ek wil graag my hartlikste dank uitspreek aan die hele span by Southmead-hospitaal vir hulle sorg, kundigheid en vriendelikheid gedurende my vrou se kort verblyf,” het hy gesê.

Hy is Dinsdag gesien terwyl hy ‘n sak na die hospitaal geneem het met “net ‘n paar klein bederfies van die huis”. Anne se dogter, Zara Tindall, het haar ma ook dieselfde dag besoek.

Die prinses sal nou by die huis rus en standaard protokol vir harsingskudding volg, en slegs na haar openbare pligte terugkeer wanneer dokters aanbeveel dat dit veilig is om dit te doen.

Haar mediese span glo die beserings is veroorsaak deur ‘n perd se bene of kop, maar presiese besonderhede is nie bekend nie.

‘n Lugambulans was beskikbaar toe die voorval Sondagmiddag plaasgevind het, maar die prinses het per pad na die hospitaal gereis nadat sy op die toneel behandel is.

Premier Rishi Sunak het haar ‘n “vinnige herstel” toegewens en gesê dat almal baie begaan is oor haar. Die leier van die Arbeidersparty, Keir Starmer, het haar ook ‘n “spoedige herstel” toegewens.

As ‘n bedrewe perderuiter was prinses Anne die eerste lid van die koninklike gesin om in 1976 aan die Olimpiese Spele deel te neem.

Bekend as die koning se regterhand, word sy deur baie gesien as die hardwerkendste lid van die koninklike familie en het ‘n reputasie vir haar praktiese benadering.

Haar ongeluk het gebeur terwyl die koning en prinses van Wallis steeds op behandeling vir hul kankerdiagnoses is.

Kate het vir die eerste keer na die bekendmaking van haar diagnose in die openbaar verskyn toe sy ‘n paar weke gelede aan die vaandelparade deelgeneem het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief