Nuwe polisiebakkies en mobiele gemeenskapsentrums oorhandig

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Altesaam 30 nuwe polisiebakkies en mobiele gemeeskapsentrums is Donderdag by die honde-eenheid in Kimberley aan verskeie ander eenhede van die polisie oorhandig.

Lt.kol. Sergio Kock sê die oorhandiging sal help om by alle gemeenskappe in die provinsie uit te kom: “Die oorhandiging sal polisie-operasies versterk en help met die doeltreffende ondersoek van misdaad in die vyf distrikte regoor die provinsie.”

Drie ten volle toegeruste mobiele gemeenskapsentrums vir Frances Baard, Pixley Ka Seme en John Taolo Gaetsewe-ditriktre is in ontvangs geneem.

Altesaam 18 – 4 x 4 Isuzu bakkes en nege 4 x 2 dubbelkajuitbakkies vir alle tipes terreine is vir speurtakke van Carnarvon, Daniëlskuil, Niekerkshoop, Phillipstown, Prieska, Vosburg, Warrenton, Kathu, Augrabies, Kleinzee, Kogaga en Tsineng oorhandig. Die eenhede vir veediefstal en bedreigde spesies van Kimberley, Upington, Springbok, De Aar, asook die honde-eenheid, Kimberley se berede-eenheid en soek-en-reddingseenhede, het bakkies ontvang.

Polisielede is tydens die oorhandiging herinner om verantwoordelik en effektief met die hulpmiddele tot hulle beskikking op te tree om misdaad in die provinsie te bekamp.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief