Sersant ‘verdrink en verbrand slagoffers vir versekeringsgeld’

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Sers. Rachel Raesetsa Shokane Kutumela of Moletjie Makgofe (43) het Vrydag op ses aanklagte van moord en 12 aanklagte van regsverydeling in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Die sersant wat op foto’s sonder haar rangkentekens verskyn, het na bewering haar slagoffers sedert 2019 vir versekeringsgeld vermoor. Slagoffers se liggame is op verskeie plekke gelos. ‘n Vrou is in haar sinkhuis verbrand en ‘n gestremde man se liggaam is verdrink in ‘n dam aangetref.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê meer inhegtenisnemings word verwag. Kutumela het na bewering op bedrieglike wyse lewenspolisse en en begrafnisversekering op verskeie slagoffers uitgeneem. Sedertdien het Kutumela as enigste begunstigde R10 m. van verskeie maatskappye, insluitend Absa, Standard Bank, Capitec, Hollard, Assupol, Old Mutual, Onelife en Clientele Life, geëis.

Die saak is vir borgaansoek tot 18 Oktober uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.

Nuusflits het voorheen berig ‘n polisiesersant is vir beweerde versekeringsmoord vasgetrek, nadat sy sedert 2019 die begunstigde van haar slagoffers se polisse was en toe reeds haar vermeende moordtog begin het.

“Haar slagoffers was aan haar bekend en was van behoeftige en benadeelde agtergrond en sommige was gestrem of verstandelik gestrem.”

“Ná maande se ondersoek het die ondersoekspan ’n lasbrief vir arrestasie bekom. Die lasbrief is by die polisiestasie uitgevoer, waar sy in hegtenis geneem is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief