Nog ‘n leerling sterf vermoedelik van voedselvergiftiging

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Nog ‘n leerling van Laerskool Karabo het Sondag weens vermoedelike voedselvergiftiging gesterf. Vyf kinders is op Sondag 6 Oktober weens beweerde voedselvergiftiging in Naledi, Soweto, dood.

Steve Mabona, die woordvoerder vir die Gautengse onderwysdepartement, sê die gr. 1-seun is in die intensiewesorgeenheid van ‘n plaaslike mediese fasiliteit versorg toe hy Sondag gesterf het.

Dit was Sondag die massabegrafnis van die ander vyf leerlinge wat gesterf het.

“Die hele skoolgemeenskap is verpletter deur hierdie tragiese verliese, en ons gedagtes en gebede is by die geaffekteerde gesinne.”

Nuusflits het voorheen berig leerlinge van onderskeidelik Laerskool Karabo en Laerskool Khauhelo het Sondag, soos voorheen berig, gesterf. Die kinders het volgens vermoede vergiftigde kos geëet. Volgens inligting is die leerlinge van Laerskool Karabo wat gesterf het ‘n gr. 1-seun (7), ‘n gr. 2 -meisie (8) en ‘n gr. 3-seun (9). Nog ‘n gr. 1-seun van die skool is steeds by ‘n plaaslike mediese fasiliteit in die intensiewesorgeenheid. ‘n Gr. 2-seun (8) van Laerskool Khauhelo het ook Sondag in ‘n afsonderlike insident gesterf nadat hy na bewering versnaperinge wat by ‘n spazawinkel in Naledi gekoop is, geëet het.

Die polisie ondersoek die omstandighede van die leerlinge se dood. Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het aan Nuusflits gesê omstandighede wat tot die kinders se sterftes gelei het, is onbekend en is deel van die polisie se ondersoek.

‘n Geregtelike doodsondersoek is oopgemaak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief